Baba Jaga

Baba Jaga ry in haar vysel rond, deur Iwan Bilibin.
Baba Jaga word as voorbeeld gebruik vir die Cyrilliese letter Б in Alexandre Benois se ABC-boek.

Baba Jaga (Russies: Баба-Яга) is in Slawiese mitologie die heks, die towenares of die wilde ou vrou. Sy kan ook ’n woudgees wees.

Baba Jaga het twee teenoorgestelde rolle. In sommige verhale word sy beskryf as 'n afstootlike ou vrou met 'n boosaardige voorkoms wat kinders braai en eet, terwyl sy in ander 'n aangename ou vrou is wat die held help.[1] Eienskappe wat haar onderskei, is die feit dat sy in 'n vysel rondvlieg, met 'n stamper in die hand, en dat sy diep in die woud woon in 'n hut wat op hoenderpote staan.

  1. "Баба-яга ". Brockhaus en Efron Ensiklopediese Woordeboek. (1906). 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search